Peroen

Tekens soos hierdie is antieke simbole van Peroen. Hulle word dikwels op die balke van huise se dakke aangebring om dit te beskerm teen weerligstrale. Daar word veronderstel dat die ronde vorms weerligstrale simboliseer

Peroen of Perun is in die Slawiese mitologie die hoogste god, asook die god van donderweer en weerlig. Sy ander hoedanighede is die berge, eikebome, die arend, die uitspansel, perde en rytuie, wapens (die hamer, byl en pyl), oorlog en vuur. Hy is eers verbind met wapens wat van klip gemaak is en later van metaal. Sy naam word op verskeie maniere gespel en uitgespreek in die onderskeie Slawiese tale.

Peroen word beskryf as ’n ruwe man met ’n koperkleurige baard. Hy ry in ’n strydwa wat deur ’n bokram getrek word en dra ’n byl of soms ’n hamer. Die byl word gegooi na bose mense en geeste en keer altyd na sy hand terug.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search